Agtergrond.

 

Gedurende die eerste bestaansjare van die kerk was voornemende pastore opgeroep na die Opleidingssentrum (Gebedshuis) vir ‘n onbepaalde tyd, waar hulle dan opgelei was.  Die destydse Moderator en stigter van die kerk, Past. C. J. Prinsloo, het met die hulp van die ander pastore; Jaap Steenkamp, Dries Botha, B. M. J. Van Vuuren, die opleiding behartig. Later in die tyd van Past. G. J. Du Toit as Moderator, is die opleiding stelsel verbeter en opleiding was gedoen op ‘n AD HOC basis met homself, Pastore D. P. Du Toit (finansies), J. P. Van Den Berg (Sondagskool) en andere as die opleidingspersoneel.  Daar was op daardie stadium reeds ‘n groot behoefte aan die samestelling van ‘n behoorlike pastorale kursus en effektiewe opleiding veral deur Pastore Hannes Kapp en Otto Marx. In 1990 is ‘n opleidingsspan dan ook in die lewe geroep met Past. T. I. M. Jooste as Prinsipaal,  J. P. Van Den Berg  as sekretaris, D. Steynvaardt, J. J. Marx en  G. M. J. Ferreira. ‘n Formele Pastorale Kursus is saamgestel en die eerste groep van elf (11) pastore het dit bygewoon om pastorale opleiding te ontvang in November 1990 in die kerk van Helderberg Gemeente in Pretoria. Hierdie aanbieding was daarvan af op ‘n jaarlikse basis gedoen en daar was ook aandag gegee aan spesiale kursusse soos Interpersoonlike Effektiwiteit (1995), die EE3 Evangelisasie kursus en so meer. ‘n Kursus vir nege en twintig (29) vise-pastore en hulle gades was ook aangebied in Des  1994. Jaarlikse kursusse was ook geïmplementeer vir die swart pastore.

 

Dit het die weg gebaan vir die totstandkoming van die Gamaliël Bybelskool wat dan later verander het na Gamaliël Bybelkollege. In 1997 is die deure van die Gamaliël Bybelkollege amptelik geopen as die algemene Opleidingsentrum van die Lede In Christus Kerk deur die Moderator Past. W. R. Frisby. Verskeie van die lektore het hulsel intussen bekwaam en Dr. J. P. Van Den Berg (as Dekaan) en Prof. W. R. Frisby (as Moderator) het baanbrekerswerk, saam met andere gedoen wie deel was en later deel geword het geword het van die opleiding. In hierdie tyd is daar ook samewerking bewerkstellig met die Apostoliese Geloofsending Teologiese Seminarium, Christian Life  Training (C. L. T)  Kollege, en Trinity Internasionale Bybel Universiteit. Ander dosente soos Pastore J. S. Vosloo, J. J. Marx, M. B. Erasmus, M. Erasmus, Dr. J. J. Deysel en Prof. J. Grobler het ook sedertdien deel geword van die opleidingspan.

In April 2010 word Dr. Marius Erasmus verkies deur die pastoorskorps as Moderator en hy sien opleiding as een van die prioriteite in sy visie vir die kerk vir die toekoms. Dr. J. J. Deysel word verkies tot Direkteur van Opleiding en word die voorsitter van ‘n effektiewe opleidingskomitee (Prof. J. Grobler, Dr. J. P. Van Den Berg, Past. G. M. J. Ferreira, Past. P. J.  King, Past. J. S. Vosloo, Past. S. Batohi, Past. M. B.  Erasmus, Past. J. J. Marx, Past. R. Cilliers, Past. J. M. Jansen  Van Vuuren en Me. A. Deysel).

 

Dr. T. I. M. Jooste was dan die eerste Prinsipaal van die destydse Gamaliël Bybelskool en is opgevolg deur Dr. J. P. Van den Berg in Feb. 2001 as dekaan van Gamaliël Bybelkollege. In April 2010 volg Dr. J. J. Deysel hom op as die Direkteur van Teologiese Opleiding van die Lede In Christus Kerk (Lede in Christus Kerk Teologiese Seminarie). In Mei 2017, word Dr P.J King aangestel as die nuwe direkteur opleiding, Hy word in 2021 opgevolg deur past Herman Van Deventer

 

Die pastorale kursus is opgegradeer en kan studente nou vir die volgende kursusse in skryf, Assistent pastoors sertifikaat kursus, diploma pastorale leierskap, diplom Bybelse berading, en die pastoorsvrou in die bediening

Meer oor ons Geskiedenis Missie en Visie Personeel Kontak Ons